Skip Ribbon Commands
Skip to main content
Navigate Up
Sign In
Weldoeners van Hoop

Sedert die inhuldiging van Rektor en Visekanselier, prof Russel Botman, in April 2007 het meer as 4 500 skenkers hul vertroue in die US in hul ondersteuning aangedui.

Hierdie skenkers sluit nasionale en internasionale alumni, vriende, maatskappye, stigtings, trusts en ontwikkelingsagentskappe in. Daar is alumni en individue wat kleiner skenkings, gereeld gee – waaruit groot skenkings groei.

Daar is dié wat meer kán investeer – en dit dan doen. Dan is daar ons erflaters wat hul betrokkenheid nog steeds vandag uitleef.

Ons huldig al hierdie bydraes en sê dankie aan al ons skenkers vir hul venootskap, hul vertroue in die Universiteit en sy kapasiteit om 'n verskil te maak.

Meer oor skenkers in 2007, 2008, 2009, 2010.