Veldtogvoorstanders
Page Image
Page Content
Veldtogvoorstaanders
Die HOOP Projek word gelei deur prof Russel Botman, Rektor en Visekanselier, die bestuurspan en dekane van die 10 fakulteite
Universiteitsbestuur
Prof Magda Fourie, Viserektor (Onderrig), prof Arnold van Zyl, Viserektor (Navorsing), prof Julian Smith, Viserektor (Gemeenskapsinteraksie en Personeel), en prof Leopoldt van Huyssteen, Uitvoerende Direkeur (Bedryf en Finansies).
Dekane
Prof Hennie Kotzé (Letttere en Sosiale Wetenskappe), prof Eugéne Cloete (Natuurwetenskappe), prof Yusef Waghid (Opvoedkunde), prof Mohammad Karaan (Natuurwetenskappe), prof Gerhard Lubbe (Regsgeleerdheid), prof Nico Koopman (Teologie), prof Johann de Villiers (Ekonomiese en Bestuurswetenskappe), prof Arnold Schoonwinkel (Ingenieurswese), prof Wynand van der Merwe (Gesondheidswetenskappe), prof Edna van Harte (Krygskunde).
"Die Universiteit Stellenbosch is bekend vir sy trotse erfenis van uitnemende onderrig en leer, wêreldklasnavorsing, en aktiewe betrokkenheid by gemeenskappe sodat ons saam die wêreld beduidend en ten goede kan verander.
Dit is my visie om hierdie Universiteit te vestig as 'n kennispionier wat wetenskap en voorlopertegnologie op van Afrika se grootste uitdagings toepas. Buiten die sewe sentra met 'n spesiale Afrikafokus, werk ons aan volhoubare wetenskaplike oplossings vir ons vasteland se behoeftes wat wissel van demokrasie, beheer-en-bestuur en leierskap tot kommunikasie, opvoeding, gesondheidsorg, voedselsekerheid en watervoorsiening. In akademiese taal noem ons hierdie benadering 'n pedagogie van hoop, want toekomstige geslagte verdien beter.
Hierdie visie moenie verwar word met 'n afwyking van ons hoëronderwysmandaat nie. Ons is ook nie besig om die Universiteit Stellenbosch in 'n 'gemeenskapsuniversiteit' te omskep nie. Na deeglike oorweging van die Universiteit se bewese akademiese en navorsingskundigheid het ons doelbewus besluit om van ons navorsingsprogramme op vyf temas toe te spits waarin ons die mees beduidencde bydrae tot die nasionale en internasionale ontwikkelingsagend kan maak: die uitwissing van armoede en verwante toestande; die bevordering van demokrasie en menseregte; die bevordering van vrede en veiligheid (ook voedselsekerheid); en die bevordering van 'n volhoubare omgewing en 'n kompeterende nywerheid.
Oor die afgelope drie jaar het ons akademici en navorsers kragte saamgesnoer om met meer as 20 innoverende inisiatiewe vorendag te kom wat op hierdie ontwikkelingstemas afgestem is. Al hierdie is stewig geanker in ons akademiese en navorsingsprogramme. Saam met ons doelwitte om ons personeel-en studentesukses voordurend te verbeter, en om fasiliteite en infrastruktuur te voorsien wat ons posisise as 'n voorloper-instelling van die 21ste eeu sal bevestig, vorm hierdie akademiese inisiatiewe 'n hoeksteen van ons strategiese rigting vir die volgende dekade. Sommige van hierdie inisiatiewe is nuut; ander is gevestigde navorsingsprojekte wat met addisionele befondsing nog meer relevant sal wees en 'n nog beduidender verskil sal kan maak.
Dit het ons wetenskap-vir-'n-beter-wêreld-benadering aansienlik versterk. Deur die toepassing van wetenskap ontsluit ons nuwe kennis, en as bouers van hoop op die Afrikavasteland stel ons ons akademiese en navorsingskundigheid tot diens van die samelewing. Ons noem dit die HOOP Projek."
– Prof H Russel Botman, Rektor en Visekanselier