Skip Ribbon Commands
Skip to main content
Navigate Up
Sign In
US SA Stigting VK

Stellenbosch University SA Foundation UK

Die Stellenbosch University SA Foundation UK is in Desember 2004 in Engeland geregistreer (maatskappynommer 5304075) om die Universiteit Stellenbosch se belange in die VK te bestuur. Die maatskappy is as 'n liefdadigheidsorganisasie (registrasienommer 1107297) by die UK Charity Commission geregistreer. Dié stigting se doelstellings is algemene liefdadigheid en spesifiek die bevordering van opvoeding by die Universiteit Stellenbosch in Suid-Afrika.

Direksie / Raad van Trustees

 
Die primêre rol van die VK -trustees is:
 
(a)          Om 'n struktuur te skep vir alumni-verhoudings in die VK;
 
(b)          om die Universiteit te adviseer en te lei wat die volgende betref:
 
(i)            beleid en programme ten opsigte van alumni
(ii)           die ontwikkeling van die Universiteit se handelsmerk in die VK
 
                (c)           om fondsinsamelingsaktiwiteite in die VK te help en te ondersteun; en
 
                (d)          om kontakte van belang na die Universiteit te kanaliseer.
 

BELASTINGVOORDELE VIR SKENKING DEUR DIE VK-TRUST (VK- INWONERS) 
Hierdie boodskap is bedoel om op 'n eenvoudige manier te verduidelik hoe HM Revenue & Customs die Gift Aid-stelsel ten bate van VK-geregistreerde liefdadigheidsorganisasies bedryf, en hoe dit u kan bevoordeel.  Indien u 'n VK-belastingbetaler is en geld vir liefdadigheid skenk, word elke £1 van daardie skenking behandel asof dit betaal is uit inkomste wat reeds belas is teen die tyd dat dit u sak bereik. Die veronderstelde koers is minstens 20%, die basiese koers. Die Gift Aid-stelsel wat sedert April 2000 in werking is, maak dit moontlik dat enige skenking wat deur 'n individu uit belaste inkomste of kapitaalwins gemaak is, vergroot word deur 'n direkte terugbetaling van die belasting wat u in die verlede op die geskenkte bedrag betaal het (voordat dit u sak bereik het) deur Revenue aan die liefdadigheidsorganisasie. Indien u 'n aantal basiese stappe volg, ontvang die liefdadigheidsorganisasie meer as wat u uit u beursie verloor; die belastingterugbetaling gaan reguit na die liefdadigheidsorganisasie
.    
Byvoorbeeld, indien u £100 sou skenk aan 'n liefdadigheidsinsamelaar in die straat sonder om verdere stappe te doen, sal die begunstigde presies £100 kry; die Revenue hou die belasting wat u betaal het om in die eerste instansie die £100 te ontvang. Indien u egter as 'n basiese belastingbetaler besluit om van die £100 skenking 'n Gift Aid-skenking te maak sal u £100 swel na £125 in die begunstigde se hande weens die bykomende £25 wat die terugbetaalde belasting verteenwoordig. Indien u meer belasting betaal, kan u en die begunstigde daarby baat. Al wat dit u kos is die bietjie ekstra moeite om 'n eenvoudige vorm met 'n paar persoonlike besonderhede in te vul.
 
U kan die hoeveelheid belasting wat die begunstigde kan terugeis, volgens die volgende formule bereken: Bedrag van skenking x 20/(100-20)
 
Die begunstigde eis 20/80stes van u skenking van Revenue. Gegewe die minimale  administratiewe moeite wat betrokke is, is daar geen rede om nie die proses ten volle te benut indien u en die begunstigde kwalifiseer nie en u behoort dit in gedagte te hou om by elke geleentheid deur Gift Aid te skenk.
 
Oorgangsverligting is ingestel om liefdadigheidsbegunstigdes in staat te stel om aan te pas by die verlaging van die basiese koers van 22% op 6 April 2008. Dié verligting gee begunstigdes drie pence vir elke £1 wat as Gift Aid-skenkings tussen 6 April 2008 en 5 April 2011 gemaak is. Dus, vir elke skenking van £100 kan die begunstigde 'n bykomende £28 eis, wat die totaal van die skenking op £128 te staan bring.
 
HOE KAN EK MY SKENKING GIFT AID?
U moet net 'n eenvoudige Gift Aid-verklaring aan die liefdadigheidsbegunstigde maak, gewoonlik skriftelik: die stelsel veronderstel dat u in die eerste instansie belasting betaal het, daarom werk dit net as Revenue op daardie belasting sit. U moet dus seker maak dat u wel voldoende belasting betaal (byvoorbeeld deur u bank, werkgewer of makelaar) om die bedrag te dek wat van Revenue teruggeëis word. Die verklaring moet aan die begunstigde die volgende verskaf:
  • u volle naam
  • tuisadres
  • iets wat die begunstigde identifiseer aan wie u skenk
  • 'n bevestiging dat u bewus is van die vereiste dat u genoeg belasting moes betaal het.
Dit kan skriftelik, oor die foon of aanlyn gedoen word - klik hier vir die relevante vorm.  Die liefdadigheidsbegunstigde eis dan die basiese belastingkoers terug wat u reeds betaal het. U hoef niks meer te doen nie. Hierdie verklarings is dikwels by die begunstigde beskikbaar op voorafgedrukte vorms, afskeurstrokies of selfs agter op versoekkoeverte.
 
WAT AS EK 'N HOëRKOERS- OF TOPKOERS-BELASTINGBETALER IS?
Selfs as u 'n hoërkoers- of topkoers-belastingbetaler is, kan die liefdadigheidsbegunstigde aan wie u u skenking deur Gift Aid maak, slegs die basiese belastingkoers eis wat aan daardie skenking toegewys word. U het 4 jaar vanaf die einde van die belastingjaar (indien dit 'n liefdadigheidstrust is) of vanaf die einde van die rekenpligtige tydperk (indien dit 'n liefdadigheidsmaatskappy is) waartydens die skenking gemaak is om 'n Gift Aid-eis in te stel.
 
U kan egter voortgaan om die verskil tussen die basiese belastingkoers (20%) en die hoer belastingkoers (40%) of topbelastingkoers (50%) op u skenking te eis. Dit beloop 20% (vir hoërkoers-belastingbetalers) of 30% (vir topkoers-belastingbetalers) van die totaal wat deur die liefdadigheidsbegunstigde ontvang word (d.w.s. wat u skenk + die basiese koers belastingterugbetaling). Sedert April 2003, kan hoërkoers-belastingbetalers dit terugeis via hulle Selfberamingsbelastingopgawe vir die vorige jaar. In bostaande voorbeeld van 'n skenking van £100, wat £125 vir die liefdadigheidsbegunstigde beteken, kan u Revenue vra om 'n verdere £25 aan u terug te betaal. Die skenking sou u dan teen die einde van die proses £75 gekos het (indien u 'n hoërkoers-belastingbetaler is) of £62.50 (indien u 'n topkoers-belastingbetaler is). Ek herhaal, vir u uitleg van £75 (indien u 'n hoërkoers-belastingbetaler is) of £62.50 (indien u 'n topkoers-belastingbetaler is) ontvang die liefdadigheidsbegunstigde £125.
 
Daar is ook 'n opsie om hierdie persoonlike terugbetaling van 20% of 30% aan 'n genomineerde VK-liefdadigheidsorganisasie te skenk. Dié herverwysing sal dan uiteraard Gift-Aided wees, indien u nog genoeg belasting by die "on the clock" by Revenue het…!
 
Skenkers wat in die VK woon, kan die Universiteit ondersteun deur skenkings te pos na:
Stellenbosch University SA Foundation UK 
C/O William Frankel 
Pennington Solicitors 
Sixth Floor 
Abacus House 
33 Gutter Lane 
London 
EC2V 8AR 
Tel: +44 (0) 20 7457 3000      end_of_the_skype_highlighting

Vir bykomende inligting en bankbesonderhede, skakel asseblief met:
me Annamia van den Heever in Stellenbosch, Suid-Afrika, 
tel: +27 21 808 4895.
Contact Form
Persoon Titel
Eerste Naam
Van
E-pos adres
Kontaknommer
Boodskap