Page Content
Raak Betrokke
Werf fondse vir jou gunstelinginisiatief
Wil jy graag betrokke raak?
Gebruik jou tegnologiese vernuf om vir die HOOP Projek fondse in te samel. Skep jou eie aanlynprojekblad by GivenGain, 'n veilige aanlynskenkings- en fondswerwingsplatform - dit is gratis en baie maklik om op te stel. Nooi jou vriende, familie en virtuele kennisse om jou gunstelinginisiatief te ondersteun.
Hoe word jy 'n aktivis? Kies een van die HOOP-inisiatiewe deur
hier te klik en dan weer op
Select one of our projects. Klik dan op die inisiatief van jou keuse en skep jou eie blad deur op die grys skakel -
Create your fundraising page - te klik. Voltooi die verlangde velde en kies dan hoe jy fondse wil insamel en vir hoe lank. Jy kan selfs foto's en videos oplaai! Nou kan jou aanlyn-sosiale netwerk gebruik word om wetenskap-vir-'n-beter-wêreld te ondersteun.