Page Content U kan op verskeie maniere finansieel betrokke raak by die HOOP Projek: via 'n persoonlike skenking, 'n korporatiewe skenking of die nalaat van 'n erflating.
Persoonlike Skenkings
Dit is maklik en veilig om aanlyn te skenk. U skenking word deur GivenGain hanteer, ’n veilige betalingstussenganger om aanlyn-skenkings te verwerk. Om via Givengain te skenk, kies een van die onderstaande opsies:
. Ek woon in Suid-Afrika Ek woon in die VSA Ek woon in die VK Ek woon elders
U kan ook veilig uit u eie internetbankrekening 'n skenking aan die Universiteit Stellenbosch doen. Vir meer inligting oor ons bankbesonderhede, klik hier. |
Korporatiewe Skenkings
Maatskappye en stigtings wat daarin belangstel om 'n skenking aan die Universiteit Stellenbosch te doen, kan gerus die Ontwikkelingskantoor kontak by tel: 27 21 808 2830 of per e-pos: sonia@sun.ac.za. 'n Ontwikkelingsbeampte sal advies gee oor skenkingsgeleenthede in u belangstellingsveld. Ons sien uit daarna om van u te hoor!
Erflatings
 'n Erflating is 'n skenking uit u bestorwe boedel. U kan 'n erflating in u testament maak en so kontant, aandele of enige ander vorm van eiendom aan die Universiteit Stellenbosch bemaak. Dit is maklik om 'n erflating aan die Universiteit Stellenbosch na te laat. U kan bloot 'n nuwe testament opstel of 'n kodisil by 'n bestaande testament voeg. Indien u meer hieroor en ook oor die skenkingsgeleenthede vir erflatings binne die HOOP Projek wil uitvind, kontak asseblief vir Hugo Steyn kontak by tel: 021 808 3615 of per e-pos: hugos@sun.ac.za.
|
|
|
|