Wat is 'n Erflating?
Page Image
Page Content
Erflatings
Oorweeg dit om u erfenis aan die Universiteit Stellenbosch van more na te laat en wees verseker dat u visionêre toewyding tot die opvoedkunde vir toekomstige generasies beveilig is.
'n Erflating is 'n skenking uit u bestorwe boedel. U kan 'n erflating in u testament maak en so kontant, aandele of enige ander vorm van eiendom aan die Universiteit Stellenbosch bemaak.
Voordele van erflatings
'n Erflating aan die Universiteit word van boedelbelasting vrygestel, ongeag die grootte van die erflating. Deur 'n persentasie van u boedel aan die Universiteit na te laat, eerder as 'n spesifieke bedrag, kan die waardeverminderende uitwerking van inflasie teengewerk word.
Skenkers wat hulle erflatings aan die Universiteit bevestig, word lid van die Erflatersgilde, waardeur ons die geleentheid kry om u te bedank en te vereer en in u leeftyd erkenning aan u bydrae te gee.
Hoe laat ek ’n erflating na?
Dit is maklik om 'n erflating aan die Universiteit Stellenbosch na te laat. U kan bloot 'n nuwe testament opstel of 'n kodisil by 'n bestaande testament voeg.
Indien u meer hieroor en ook oor die skenkingsgeleenthede vir erflatings binne die Hoop Projek wil uitvind, vul die onderstaande vorm in, waarna ons Erflatingskantoor u sal skakel. Alternatiewelik kan u Hugo Steyn kontak by 021 808 3615 of per e-pos: hugos@sun.ac.za.